Product added to cart
In order to use this website you need to accept the use of Cookies , our Privacy Policy , and our Terms and Conditions.
In order to use this website you need to accept the use of Cookies , our Privacy Policy , and our Terms and Conditions.
Die jongste misdaad statistieke skep ń donker prentjie met 10 uit elke 100 000 mense in Suid-Afrika wat teen die huidige koers vermoor word. In net die afgelope drie maande is 6 083 mense in Suid-Afrika vermoor.
Die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap en Oos-Kaap het onderskeidelik reageer op kwartaallikse misdaadstatistieke wat polisieminister Bheki Cele bekend gemaak het. Dié misdade het ook dikwels ń langtermyn- fisieke of sielkundige uitwerking op slagoffers en hul naasbestaandes. Soos wat die spanningsvlakke oor die land heen afneem na meer bestuurbare vlakke, vra ons Suid-Afrikaners onsself twee ontstellende vrae af: “Wie sal ons beskerm as die owerhede dit nie kan doen nie?” en “Hoe beskerm ek myself teen verskillende vorms van geweld?” Hier kom die term “selfverdediging” ter sprake.
Die definisie van selfverdediging lui: “Die verdediging van een persoon se belange deur gebruik te maak van fisieke krag, wat in sekere gevalle toegelaat word, in antwoord op ń aanval of gewelddadige misdaad.”
In die lig van die definisie hierbo en al die implikasies by die gebruik van ń vuurwapen (om nie eens te praat van die wag tydperk vir ń vuurwapenlisensie wat 12 maande of langer kan neem nie), kyk baie Suid-Afrikaaners na nie-dodelike maniere om hulself te beskerm indien daar voorvalle of enige ander vorm van geweld voorkom.
Daar is verskillende opsies van nie-dodelike selfverdedigings produkte in Suid-Afrika beskikbaar.
Hier is drie nie-dodelike opsies gelys wat bekostigbaar en maklik om te gebruik is wanneer jy jou selfverdedigings produkte kies:
∙ Pepersproei (kort afstand)
∙ Skokstok (kort tot medium afstand)
∙ Nie-dodelike gaspistole (medium tot ver afstand) Voor ons verder kyk na al die voor- en nadele van watter produk om te gebruik en wanneer, word dit aan geraai om ten alles koste konflik te vermy so ver as moontlik, en indien dit nie moontlik is nie, dat jy dán selfverdediging gebruik om jouself te beskerm.
Pepersproei
Pepersproei is een van die mees bekostigbaarste vorms van selfverdediging en kos van so min as R119 vir ń 20ml-kannetjie aan ń sleutelhouer. Hierdie vorm van selfverdediging werk veral goed wanneer die aanvaller naby aan jou is, te disoriënteer. Dit kan jou moontlik ook teen potensiële dierlike bedreigings beskerm.
Skokstokke en skoktoerusting
Skokstokke en skoktoerusting is ń goeie manier om ń veilige afstand tussen jou en die aavaller te behou. Hoewel dit veel duurder as die pepersproei is – dit kos enige iets van R279 en meer – is dit die beste vorm van selfverdediging wanneer jy bewus is van die bedreiging en weet uit watter rigting die aanvaller kom. Hierdie toestelle sal die aanvaller onmiddelik skrik op die lyf jaag as hulle die duidelike geluid daarvan hoor. As die geluid nie genoeg van ń afskrikmiddel is nie, kan jy die toestel gebruik om die aanvaller te skok.
Nie-dodelike gaspistole/gewere
Nie-dodelike gaspistole, meer bekend as selfverdedigingspistole, is die beste manier om enige aanvaller by enige voorval af te weer. Geen lisensie is nodig vir hierdie soort nie- dodelike pistole nie, omdat dit nie lewende ammunisie gebruik nie, maar “peperkoeëls” en “rubberkoeëls” met ń soortgelyke meganisme dryfmiddel as ń verfbalgeweer. Dié vorm van selfverdediging is die beste vorm omdat dit jou in staat stel om die aanvaller van 18m af weg te hou. Dit sal jou baie meer gerus stel om te weet dat jy die beste nie-dodelike beskerming het wat jy vir jouself in Suid-Afrika kan kry. Futurama is ń fisiese winkel en ook ń aanlyn handelaar, hulle verskaf die publiek met die billikste pryse vir die Byrna SD gereedskap. Die Byrna het n gemiddelde afstand spoed van 300 voet per sekond en perfek vir die gebruik om jouself op ń vriendelike afstand te beskerm.
Die Futurama-span is vir die afgelope nege jaar in bedryf en is in Somerset-Wes, net buite die Somerset Mall winkelsentrum te vind. Dit is ń fisiese winkel asook ń aanlyn handelaar van taktiese en selfverdedigingsprodukte. Hulle verkoop onder meer alles van optika vir jagters tot sterrekykers, vir stappers, klimmers, kampeerders en ook tuinwerktoebehore. Futurama bied professionele raad oor puik produkte teen mededingende pryse en kan jou ook help met enige taktiese en selfverdedigingsbehoeftes. Futurama bied kwartaallikse selfverdedigings funksies aan, die volgende opkomende selfverdedigings funksie, vind plaas op die 25ste Augustus 2022, en is gratis vir die publiek.
Bespreek jou kaartjies nou! Besoek die winkel by Somerset Mall, winkel 4, TheFlags@Circle 5de-gebou op die hoek van Centenary-rylaan en Reese-weg. Futurama sal ook jou aankope tot by jou voordeur koerier teen so min as R99 per aflewering as jy aanlyn by www.futurama.co.za bestel. Futurama is bekend vir die taktiese en selfverdedigingstoerusting wat hulle verskaf. Hier kry jy al jou verskillende produkte in daardie klas wat jy benodig, met die hulp van een van die vriendelike personeellede. Besoek die aanlyn winkel of besoek die winkel self vir die beste oplossing vir jou selfverdedigingsbehoeftes.
Vir meer inligting, stuur ń e-pos na [email protected] of bel 021 851 3284 en praat met een van die professionele konsultante.
Choose a Specialist